GRATIS KWOTASIE    0800 237 496  

Verhuisingswenke deur Afriworld Meubelvervoer


In enige huishouding is daar verskeie meubels en ander items van verskillende waarde. Veral van belang is waardevolle antieke items, klaviere, delikate meubels, eetkamerstelle, slaapkamerstelle, skilderye, beeldhouwerk, eetstelle, spesiale glasware, kristalitems, ensovoorts. Elk van hierdie waardevolle items vereis hul unieke verpakking en verskuiwingstegnieke om te verseker dat dit nie beskadig word nie.


6 WEKE VOOR U VERHUISING

  • Gaan deur u huis om vas te stel watter items saam gaan skuif. Items wat u nie wil saamneem nie kan verkoop word of vir liefdadigheid geskenk word. Dit is sal u verhuisingskoste verminder.
  • Maak die nodige reisreëlings, bv. vlugte, verblyf en voertuighuur.
  • Gebruik al die ekstra voedselitems in jou huis. Let daarop dat bevrore voedsel nie deur ons vervoer kan word nie. Deur die items op te gebruik, sal dit die gewig van jou trek verminder


4 WEKE VOOR U VERHUISING

  • Kontak Afriworld Meubelvervoer se tolvrye nommer (0800 237 496) om 'n kwotasie te reël.
  • Stel die poskantoor, bank, en ander plekke waar u ’n rekening het in kennis van u nuwe adres.
  • Stel skole in kennis.
  • Neem biblioteekboeke, DVD's en ander geleende items terug na hul eienaars.


2 WEKE VOOR U VERHUISING

  • Raak ontslae van alle vlambare stowwe, verf, gasbottels, ensovoorts.
  • Indien u van plan is om van u besittings of al u besittings self te verpak, is dit nóú die tyd om te begin.
  • Reël vir die afsny van u water- en elektrisiteitvoorsiening.
  • Reël vir die aansluiting van u water, elektrisiteit en landlyn by u nuwe woning.


1 WEEK VOOR U VERHUISING

  • Dit is ‘n goeie plan om klein kinders by familie of vriende te laat kuier tydens die laaiproses. Hul behoefte aan baie sorg en aandag kan dit baie moeilik maak vir u as ouer. Anders hanteer ons almal die proses saam om dit ’n maklike dag vir u geliefdes te maak.
  • Plaas alle items wat u self wil vervoer in een spesifieke kamer en sluit dit daar toe.
  • Maak seker dat alles verpak is voor die verhuisingsvoertuig aankom.
  • Merk alle kartonne met u naam en die naam van die kamer waarin ons dit moet plaas.
  • Dreineer water uit die tuinslang asook alle olie/brandstof uit grassnyers en ander masjinerie.


1 DAG VOOR U VERHUISING

  • Maak yskaste en vrieskaste leeg, laat dit ontdooi en maak dit droog.
  • Maak die huis skoon.
  • Voltooi alle verpakking van persoonlike items.


VERHUISINGSDAG

  • Maak seker iemand is beskikbaar om die laaispan se vrae te beantwoord.
  • Hou die stofsuier uit om skoon te maak waar meubels gestaan het.
  • Maak seker dat alle kamers, kaste, ensovoorts leeg is en dat alles gelaai is.
  • Hou u kwotasienommer byderhand vir enige vrae rakende kostes.

 

Verpakkingswenke

As dit kom by verhuising, wonder almal waar om te begin en waarmee. Dit maak die verhuisingsproses makliker as u lank voor die tyd reeds begin om items wat u nie daagliks nodig het nie, te verpak. Maak seker dat bokse nie te swaar gepak word met items soos boeke nie. Maak seker dat glase met genoeg borrelplastiek of papier toegedraai word om breekskade te voorkom.

U sal die volgende vir verpakking benodig:

  1. Kartonbokse. Maak seker dat u die regte grootte vir die regte items het. Vir swaarder items kan u dubbelwandbokse gebruik en vir ligter items is enkelwandbokse voldoende. As goedere breekbaar is, is 'n dubbelwand, klein tot mediumgrootte boks die beste. Die grootte van ’n gemiddelde boks is 450 mm X 450 mm.
  2. Maskeerband. Enige soort sal werk. Maak net seker dat dit wyd genoeg is om die boksspleet met minstens 20 mm aan elke kant te dek.
  3. 'n Permanente merker. Elke boks moet gemerk wees met die boksnommer, kamernaam en inhoud. Hierdie metode sal verseker dat u weet watter boks dit is wat geskuif word, waar dit geplaas moet word en wanneer om dit oop te maak.
  4. Kleurplakkers. Deur bokse met gekleurde plakkers te merk en 'n kleurkaart op te stel, kan u maklik die kamer identifiseer waarvoor u die bokse wil gebruik. Byvoorbeeld, u kan 'n geel plakker op al die kombuiskaste plak. Dit sal u in staat stel om vinnig die kamer uit te ken waarheen die boks moet gaan.
  5. Groot vullissakke. Vir 'n maklike manier om jou klere te pak en te verskuif, neem 'n vullissak en sny 'n klein gatjie in die bokant - net groot genoeg om die hakke van u klerehangers deur te pas. Op hierdie manier kan u die hele hangkas oppak en in staat wees om die plastiek af te ruk en vinnig in die nuwe huis op te hang.


Enkele ekstra wenke

  1. Wanneer u breekbare items verpak, sit sagte speelgoed, kussings of komberse tussenin vir ekstra vulling en beskerming. Só bespaar u ook pakruimte.
  2. Pak boeke in tasse met wiele. Boeke is swaar en moeilik om te dra. Deur tasse met wiele te gebruik, spaar u bokse en hoef die boeke nie gedra te word nie

 

 

© Copyright Afriworld Meubelvervoer 2018. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Afriworld Meubelvervoer.