GRATIS KWOTASIE    0800 237 496  

Oor Afriworld Meubelvervoer


Afriworld Meubelvervoer is meer as vyftien jaar gelede gestig. Die stigter, Mnr. Thys Botes, het die besigheid begin nadat hy vir veertien jaar in die logistieke bedryf gewerk het.

Afriworld Meubelvervoer streef daarna om Suid-Afrika se voorste vervoermaatskappy te word. Ons het met sukses sommige van Suid-Afrika se mees gerekende uitvoerende hoofde en van die land se invloedrykste besluitnemers help skuif. Ons kan dieselfde vir u doen .
 

Afriworld Meubelvervoer spesialiseer in

 

  1. Vervoer van huishoudelike/kantoormeubels
  2. Hervestiging van maatskappye
  3. Stoorfasiliteite


Ons is toegewyd aan uitstekende, gladde werking en mededingende pryse. Ons doeltreffendheid en aandag maak ons die land se beste meubelvervoermaatskappy. Ons uiters vaardige hervestigingbestuurders verstaan die kompleksiteit van 'n korporatiewe hervestiging en sal nóú met die kliënt asook werkgewer saamwerk om die hervestingstaak omvattend en volledig te bestuur.
 

Hoekom Afriworld Meubel vervoer?


Afriworld Meubelvervoer se werknemers is die maatskappy se hart en siel. Met ’n honger na sukses en passievol om hoogtes saam met kliënte te bereik, omhels ons die onbekende, vreesloos en met vertroue in ons vermoë om die beste resultate te lewer. Ons is ywerig en ambisieus. Ons volhard hardnekkig en oorkom hindernisse met ywer en vasberadenheid. Bowenal vind ons vreugde in ons werk, ons diens aan die maatskappy en ons kliënte.

Die maatskappy wat sy kliënte teleurstel, misluk! Ons sal beter wees as ons mededingers deur die beste waarde aan ons kliënte te bied teen 'n billike prys. Ons sal voortdurend na ons kliënte luister, vinnig reageer op hul huidige behoeftes en hul toekomstige behoeftes antisipeer.

Afriworld het onlangs Swart Ekonomiese Bemagtigingstatus behaal en streef daarna om die breë ekonomiese bemagtigingskode te kraak deur swart vragmotorbestuurders wat nie hul eie kliëntebasis het nie, te betrek.

By Afriworld Meubelvervoer draai ons wêreld om jóú. Ons staan uit in die verskaffing van die beste diens met huishoudelike meubelvervoer en versorg u waardevolle besittings na die beste van ons vermoë.
 

Kontak Afriworld Meubelvervoer

Afriworld het takke regoor die land. Vind die kantoor wat die beste vir jou geskik is en bel ons. Ons operateurs staan by om van diens te wees.

 

© Copyright Afriworld Meubelvervoer 2018. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Afriworld Meubelvervoer.